Het jy ‘n pakhuis of pakhuise as deel van jou verspreidingsplatform? Is die betonvloer in jou pakhuis beskadig of gekraak en veroorsaak dit skade aan jou vurkhyser? Is die toestand van jou betonvloer in jou pakhuis ‘n probleem en beinvloed dit jou produktiwiteit en finansies?
CLF Concrete Laser Flooring is ‘n gespesialiseerde kontrakteur vir industriële betonvloere wat fokus op die bou van nuwe betonvloere en die herstel van beskadigde betonvloere.
Ons kan u help om die gebruik van u pakhuisvloer te optimaliseer en die bedryfskoste te besnoei.
As produsent en verspreider van vrugte, neute en groente is die doeltreffendheid en koste -effektiwiteit van u verspreidingsfunksie uiters belangrik. Ons is bewus daarvan dat pakhuise ‘n kritieke deel van hierdie verspreidingsfunksie uitmaak. Verder het pakhuise oor die algemeen ‘n betonvloer wat waarskynlik die belangrikste komponent van die struktuur is. Betonvloere, net soos enige ander bate, versleg en kan beskadig raak aangesien dit gebruik word in die daaglikse funksie van berging en verspreiding.
‘n Beskadigde betonvloer kan op sy beurt vurkhysers en ander materiaalhanteringstoerusting beskadig wat dikwels duur herstelwerk en onderhoud verg. Boonop vertraag ‘n beskadigde vloer produktiwiteit en kos u tyd en geld.
As u betonvloer beskadig is, wat herstel of opgradering benodig, of as u ‘n nuwe betonvloer wil bou, kontak ons gerus vir ‘n beoordeling en ‘n kwotasie.